SHOWING ARTICLE 10 OF 19

Die belangrikheid van afskaal as 'n huiseienaar

Category Seller Advice

Daar is so baie voordele verbonde aan afskaal as jy 'n huiseienaar is. Dit is noodsaaklik om jou eiendomsreis vir jou oudag te beplan en dit kan baie lonend wees as jy dit aanpak met die regte ingesteldheid.

Baie mense wat groot huise besit dink dat die huis waarin hulle kinders grootgeword het, die perfekte eiendom is om in te woon in hul goue jare. Te min van hierdie huiseienaars besef egter watter geweldige voordele dit inhou om betyds af te skaal en so baie van hulle besef dit veels te laat.

Maar wat beteken dit om af te skaal? Vir huiseienaars beteken dit om jou groot eiendom te verkoop in ruil vir 'n kleiner een wat meer gemak, veiligheid en ondersteuning bied. Om af te skaal beteken egter nie om met minder tevrede te wees nie. Soos jy jou aftree-ouderdom nader, kan jou volgende huis selfs 'n eiendom wees met 'n hoër markwaarde, afhangende van jou finansiële omstandighede.

Huiseienaars wat besig is om ouer te word het dalk ook meer keuses as wat hulle besef wanneer dit kom by afskaal. Die eerste stap wanneer jy jou toekoms beplan is om die voordele van afskaal te verstaan.

Vyf redes waarom dit belangrik is om af te skaal as 'n huiseienaar

1. Jy benodig meer gemak en minder spasie

Sommige welgestelde huiseienaars bly aan in hulle vier- of vyfslaapkamereiendomme, selfs na hul kinders die huis verlaat het. Hulle hou dalk vas aan hul huise omdat hulle:

  1. Genoeg spasie wil hê vir hulle kinders en kleinkinders wat kom kuier
  2. Glo dat hul eiendom hul grootste belegging is en hul sal toelaat om eendag 'n aftree-eenheid te bekostig
  3. Baie mooi herinneringe aan hul huis verbonde het

Die eerste nadeel daarvan om vas te hou aan jou familiehuis nadat jou kinders die nes verlaat het, is dat die huis heel waarskynlik nie meer pas by jou leefstyl nie.

Jy wil dalk reis of meer sosiaal verkeer, maar nou is jy gebind aan 'n groot eiendom wat gedurige instandhouding vereis. Hierdie tipe huise het ook dikwels nie die nuutste en gemaklikste geriewe nie en dit kan jy kry in 'n kleiner nuwe of onlangs opgeknapte huis.

Terwyl jy vashou aan jou groot eiendom vir daardie geleenthede wanneer die hele familie op dieselfde tyd kom kuier, kon jy al meer gerieflik in 'n gemakliker tuiste gewoon het.

2. Dit is moeilik om 'n groot huis in stand te hou

Groot eiendomme benodig baie instandhouding. Dit is maklik - en soms selfs pret - om jou tuin te versorg en nutsman te speel wanneer jy die energie en dryfkrag het om dit te doen. Maar soos jy ouer word, mag jy dalk nie dieselfde energie, dryfkrag of inkomste hê om 'n familiegrootte huis met 'n groot tuin in stand te hou nie.

Soos jou eiendom verouder, benodig dit meer en meer werk, en mettertyd selfs opgradering van sommige dele. Dit kan duur raak. As jy nie al die kamers en leefareas in jou huis gebruik nie, voel dit dalk ook soms sinneloos om alles tip-top te hou.

Huiseienaars in hierdie posisie kan regtig voordeel trek daaruit om hul eiendom te verkoop aan kopers wat graag 'n ouer huis wil aanskaf en gaan geniet om dit op te knap. Om te trek na 'n kleiner huis sal jou toelaat om meer tyd deur te bring om dít te doen wat jy werklik geniet.

3. Eiendomsbeleggings vereis gedurige instandhouding

Die werklikheid is dat huiseienaars wat agter raak met instandhouding van hul huis, hul belegging in gevaar stel. Dit is veral 'n risiko vir senior huiseienaars wat beplan om die wins van die verkoop van hul huis te gebruik om 'n aftree-eenheid aan te skaf.

As jy so lank vashou aan jou groot huis dat jy nie meer in staat daartoe is om dit behoorlik in stand te hou nie, sal dit verval en die waarde sal verminder. As jy dit verkoop, mag jy dalk vind dat die opbrengste nie die koste van 'n aftree-eenheid sal dek nie. Sulke eenhede is dikwels duurder as ander eiendomme.

As jy jou eiendom verkoop terwyl dit steeds in 'n goeie toestand is, sal dit jou toelaat om jou geld te belê in 'n huis wat makliker is om in stand te hou en meer geneig sal wees om waarde te behou.

4. Skep verhoudings met eendersdenkende mense

Die gedagte daaraan om te woon in 'n aftreeoord of -gemeenskap mag dalk nie aanloklik lyk vir elke huiseienaar nie, maar moenie die waarde onderskat daarvan om verhoudinge te bou met mense van jou eie ouderdom nie.

Die dae is lank verby waar aftreegemeenskappe net vir dié wat swak is bedoel is. Nuwe aftreedorpe is gemik op jonger afgetredenes wat graag wil woon in 'n veiliger spasie waar hulle omring word deur ander wat hulle belangstellings en leefstyl deel.

Huiseienaars wat woon in hul groot huise vir jare nadat hulle kinders die nes verlaat het, raak soms afgesonder van hul gemeenskap en ondersteuningsraamwerk. Deur jou eiendom te verkoop en te trek na 'n plek waar ander afgetredenes woon, sal jy langdurige verhoudings kan aanknoop en sosialiseer met mense wat dink soos jy.

5. Die aanpassing na jou oudag is makliker as jy voorbereid is

Die hartseer werklikheid is dat nie elke paartjie tot op 'n ryp ouderdom saambly nie en een maat sterf dikwels jare voor die ander een. Veels te dikwels is die verlies aan 'n eggenoot selfs nog meer pynlik omdat die een wat oorbly uit die huis moet trek wat vir dekades met hul maat gedeel is.

Die ideaal is om saam te trek na 'n aftreegemeenskap wat jou sal toelaat om verhoudings aan te knoop en ondersteuningsraamwerke te vestig wat jy sal nodig kry soos jou lewe mettertyd verander. Paartjies wat saam trek na kleiner eiendomme kan aan mekaar die nodige ondersteuning gedurende hierdie oorbruggingsfase bied.

Wanneer en waar om te begin?

Om te beplan waar jy gaan woon soos jy ouer word hoef nie 'n oorweldigende of morbiede ervaring te wees nie. Indien jy jou eiendomsreis in fases beplan, sal jy dalk vind dat daar verskeie positiewe ervarings is om na uit te sien.

Leë nes-sindroom

Begin om jou volgende stap te beplan die oomblik wanneer jou kinders oud genoeg is om die huis te wil verlaat. Neem in ag hoe lank jy nog dikwels terselfdertyd gebruik sal maak van al die ekstra slaapkamers in jou huis. Indien dit slegs een of twee maal per jaar is, is dit tyd om reg te maak vir 'n skuif.

Jy sal wil kyk vir 'n kleiner, gemakliker en meer hanteerbare eiendom, maar nie noodwendig een met 'n laer waarde nie. As jy dit nie nou kan bekostig nie, is dit die ideale tyd om te belê in 'n huis van dieselfde waarde of meer, sodat jy meer uit jou belegging kan kry wanneer jy uiteindelik verkoop en 'n aftree-eiendom aanskaf.

Amper afgetree

Of jy nou al klaar woon in 'n meer praktiese eiendom en of jy steeds woon in die huis waar jy jou kinders grootgemaak het, is dit nou die tyd om die voordele van 'n aftreeoord te oorweeg.

Onthou, nie alle aftreeoorde is vir ou mense nie. Verskeie van hierdie gemeenskappe is gemik op mense wat aftree op 50+ en bied al die geriewe van 'n landgoed terwyl jy dieselfde leefstyl kan geniet wat jy nog altyd gehad het.

Om so vroeg moontlik in een van hierdie aftreedorpe in te koop het sy voordele, indien dit binne jou begroting val. Eiendomme in hierdie komplekse is dikwels duurder, dus wil jy 'n eenheid of erf so gou moontlik opraap voordat pryse toeneem.

Wanneer aftrede inskop, sal jy die vryheid hê om te ontspan en te sosialiseer sonder die verantwoordelikheid van 'n groot eiendom om in stand te hou.

Goue jare

Indien jy klaar afgetree is en woon in 'n vier- of vyfslaapkamerhuis, is dit 'n blink idee om die voordele van afskaal te oorweeg.

Dit kan spanningsvol wees om die huis te verlaat waar jy nog jou hele lewe gewoon het. Om nou van huis te verander sal egter soveel makliker wees as wanneer jy ouer is en nie meer dieselfde energie of ondersteuning het wat jy nou het nie.

Op hierdie stadium is dit noodsaaklik dat jy werk met ervare eiendomsagente wat weet hoe om jou te lei soos jy jou huis verkoop en 'n eenheid kies wat by jou behoeftes en voorkeure pas.

Die eiendomsagente by NS Property Solutions is uitstekend toegerus om jou te help met hierdie oorbrugging. Ons het al honderde seniors gehelp om hul eiendomme met minimale moeite te verkoop en om die volgende stap te neem as huiseienaars.

Maak gerus kontak vir raad of 'n waardasie van jou huis vandag nog.

Benodig jy leiding oor hoe om te beste eiendomsagent te kies om jou te help verkoop? Lees ons artikel What to look for in an estate agent.

Gaan kyk ook gerus na ons eiendomme te koop.

*Oorspronklike artikel vertaal deur Rosa Mackenzie

 

Author: NS Property Solutions

Submitted 03 May 22 / Views 824